Ons het haar op 7 weke afgeneem, en ek moet sê dat ek nie heeltemal seker was wat om te verwag nie, siende dat sy bietjie ouer was as my vorige modelle. Maar Mienke was 'n droom om af te neem. Wel met daai mooi groot oë en lang wimpers is sy gebore om voor 'n kamera te wees. Sy was so lekker rustig en het ons sommer baie tyd gegee om foto's te neem. Maar toe dit kom by familie foto's neem, het sy haar voet neergesit en dit vir ons baie duidelik gemaak dat dit was nou genoeg.
Nikki en Carlo - baie dankie dat ek die foto's van Mienke en van julle kon neem en ook vir die lekker kuiertjie by julle huis! Ek het dit verskriklik baie geniet.
Baby Family Photography Cape Town












Pragtig, pragtig, pragtig!!!!! Ek huil sommer!
ReplyDeletepragtig!!!!!!!!!!!
ReplyDeleteMarlise pragtige fotos.....maar dan weer as jou model so mooi is! Sjoe sy is mooi!!!
ReplyDeleteAg, jou pragtige ou dingetjie! Gaan jou vinnig aan die bos bekendstel op Anaboom! Oom Boetie en Tannie Melanie
ReplyDeleteBaie dankie julle vir die mooi kommentaar! Ek stem defnitief saam - die model is regtig Pragtig. Sy gaan nog baie koppe laat draai!
ReplyDelete